Kompetisie neem nuwe wending
Daar was Sondag groot opgewondenheid toe die wenners van die Face of Lady/Sir Gracious 2014/2015 aangekondig is.
Dié kompetisie is ‘n nuwe been van die nou, reeds bekende Lady Gracious en Sir Gracious kompetisies, wat met groot sukses deur Brakpan inwoner Suret Ströh aangebied word.
“Ons het aan die einde van verlede jaar reeds die finaal van die Face of Lady Gracious behartig en die wenner is Sondag by ‘n venue in Boksurg gekroon,” het Ströh gesê.
Deelnemers van so jonk as drie jaar het in die verskillende ouderdomskategorieë deelgeneem en altesaam nege wenners is aangekondig.
“Ek is baie opgewonde oor die nuwe wending wat die kompetisie ingeneem het. Daar sal van die wenners verwag word om ook uit te reik na minderbevoorregtes, soos van die wenners van die Lady en Sir Gracious kompetisies verwag word,” het Ströh gesê.
“Ons beplan juis om teddiebere in te samel, wat op Valentynsdag by verskeie kinderhuise en organisasies op die Oos-Rand uitgedeel sal word.



