Editor's choiceNewsSchools

Felicitas se kermis is om die draai

Felicitas Skool vir verstandelik- en fisiekgestremdes hou volgende Saterdag (28 Februarie) hul jaarlikse kermis.

Soos in die verlede, word daar reeds hard gewerk om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak.

Daar sal vanjaar wel nie ‘n optog deur die dorp se strate plaasvind nie, maar die organiseerders beloof ‘n kermis uit die boonste rakke en het gevra dat die publiek dit goed sal ondersteun.

Die skool het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om artikels vir die wit Olifant-stalletjie, sowel as tweedehandse klere, wat nog in ‘n goeie toestand is, te skenk.

Persone wat nie self die artikels by die skool kan aflaai nie kan die skool gedurende kantoorure skakel, om reëlings te tref sodat dit opgelaai kan word.

Die telefoonnommer is 011 813-4142.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button