NewsSchools

Die Anker se toneelgroep beïndruk

Die toneelgroep van Hoërskool Die Anker het op 14 Augustus met twee toneelstukke, “Fat Busters” en “Royal Hotel”, aan die “Springs Music and Art Festival” deelgeneem.

Vier akteurs uit die groep het op die aand toekennings ontvang.

Hulle is: Welmari Odendaal (beste aktrise), Brendan Nel (beste akteur), Charné du Plooy (beste ondersteundende aktrise) en Jared Henning (beste ondersteunende akteur).

Die toneelstuk “Fat Busters” is ook aangewys as die beste toneelstuk van die aand.

Dieselfde twee tonele het op Sondagaand, 16 Augustus, aan die Allegretto Kunswedstryd teen Hugenote en Johan Jurgens deelgeneem, en weereens is daar goeie resultate verkry.

Jared Henning is aangewys as die beste akteur in ‘n ondersteunende rol en Brendan Nel is aangewys as die beste algehele toneelspeler van die aand.

“Fat Busters” het ook ‘n toekenning ontvang vir die beste teks en is ook aangewys as die beste toneelstuk van die aand.

Op Dinsdag, 18 Augustus, is dieselfde twee tonele ingespan by die ATKV-Tienertoneel, by die Universiteit van Johannesburg.

Hoërskool Die Anker het brons sertifikate in die volgende afdelings ontvang:

Justin Steenkamp, Danielle Jacobs en Brendan Nel vir spel; “Fat Buster” vir dekor en “Royal Hotel” vir kostuums.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button