Lede van die Brakpan anti-kapingseenheid het Saterdagoggend, ongeveer 10vm, twee rowers by die skool betrap, waarna een in die been gewond is.
Lees die volledige berig hier.
Volgens die SAPD het beide die verdagtes vandag (Maandag) in die Brakpan Landdroshof verskyn.
Die verdagte, wat gewond is, is van huisbraak en diefstal asook poging tot moord aangekla en die tweede verdagte is van huisbraak en diefstal aangekla.
Die saak word verder ondersoek.
Koos Boshoff het gesê dat daar groot waardering is vir die vinnige optrede van die lede van die SAPD en hy het hulle bedank vir die werk wat hulle verrig het.

Lees ook:
Hijackers take off with victims still in the car



