Editor's noteLocal newsNews

Rok-wenner sprankel op afskeid

Die Herald het vroeër vanjaar ‘n kompetisie aangebied waarin ons twee matriekafskeidrokke weggegee het.

Die rokke is deur Dazzling Angel Dresses geborg.

Carlene (wie se bynaam Lollie is) White van Hoërskool Die Anker het die eerste prys gewen en Nikita Marais van Hoërskool Oosterlig het ‘n “cocktail”-rok gewen.

Carlene het verlede Saterdag haar skool se matriekafskeid by Thabong bygewoon, en gesê dat sy soos ‘n prinses gevoel het in die donker pers rok wat sy uit vele rokke kon kies.

“Ek wil net weereens vir die Herald baie dankie te sê,” het Carlene se ma, Madelein, gesê.

“Julle het nie ‘n benul hoeveel dit vir my en Carlene beteken het nie.

“Dankie dat julle en Dazzling Angel Dresses die rede was dat haar oë geskitter het, op ‘n baie spesiale dag in haar lewe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button