Geen keer aan mooie Ericia nie
Die jaar 2016 het op ‘n baie hoë noot vir Ericia van den Berg (11) begin.
Dié talentvolle model, wat die een titel na die ander inryg, het sedert die begin van die jaar nog twee gesogte titels agter haar naam geskryf.
Sy het op 6 Februarie aan die Little Miss World 2016 kompetisie deelgeneem.
Dit word deur Pageants SA aangebied en die standaard van die kompetisie is baie hoog.
Ericia moes, onder andere, ‘n sangitem lewer vir die talent-afdeling en sy moes ook in twee verskillende uitrustings voor die beoordelaars veskyn.
Dan moes sy ook bontstaan om vrae, wat deur die behoordelaars aan haar gestel is, so goed as moontlik te beantwoord.
Alles het vlot verloop vir Ericia en sy is uiteindelik aangewys as die wenner.
In die tweede kompetisie, Miss Queen of the World 2016, het sy die “Most Glamorous” junior afdeling gewen en is sy aangewys as Miss pre-teen Queen of the World 2016.
Ericia is ook besig met ‘n projek waar sy skoene insamel vir kinders wat nie skoolskoene het om in die winter te dra nie.
“Ons vra dat die publiek ons met hierdie projek sal steun,” het Ericia se ma, Adri, gevra.
Hulle sal self die skoene gaan haal. Skakel vir Adri by 083 320 8991 om reëlings te tref.
Lees meer oor Ericia:



