Manya Venter, van Stoffberglaan, het hierdie oulike foto van haar twee kinders, Mianke (4) en Reinhardt (2), ingestuur. Sussie was blykbaar bereid om Boeta te verkoop of te ruil vir Paaseiers. Pa, Pierre, was deel van die span wat gesorg het dat alles byderhand was sodat die foto geneem kon word.
Hierdie skattige foto van Emily Pereira (een jaar en sewe maande) is in Pomona geneem, alhoewel sy ‘n Brakpanner is. Die foto is deur Burhan Khan geneem.