ViA-Vinkies woeker steeds om ander te help
Die ViA-Vinkies-projek is sowat ses jaar gelede op die been gebring om kinders, wie se ouers nie kleuterskool onderriggelde kan bybring nie, te help.
Sowat 100 ontbytgangers het onlangs ’n gesellige fondsinsamelingsprojek ten bate van die ViA-Vinkies by die Plaaskombuis bygewoon.
Die ViA-Vinkies-projek is sowat ses jaar gelede op die been gebring om kinders, wie se ouers nie kleuterskool onderriggelde kan bybring nie, te help.
“Fondse wat ingesamel is, sal aangewend word om skoolgaande kindertjies van skoolklere, tassies en skoolbenodighede te voorsien.
“Nodige hulpmiddele sal ook aangekoop word vir ons kleuteropleiding asook vir die kleuters en ma’s se eet-en drinkgoed wanneer daar Donderdae bymekaar gekom word,” het Esther Rothman, een van die ViA-Vinkies bestuurslede gesê.
Die gasspreker en vorige projekbestuurder asook stigter van die ViA-Vinkies, Rina Aucamp, het tydens die fondsinsamelingsoggend, haar droom oor die projek met die gaste gedeel.
Aucamp wat intussen na Pretoria verhuis het, het ook haar dankbaarheid uitgespreek oor die feit dat die projek steeds voortgaan.
Marietjie Goller staan nou Aucamp se skoene vol by die kleuter- en graad R-kinders saam met Marthie van den Berg.
Al die personeel is pensionarisse wat uit die liefde vir die saak sorg dat die kinders en hul ma’s bygestaan word.
Drie van die ma’s wie se kleuters, vyf jaar gelede deel van die ViA-Vinkies was, Magda Hattingh, Meshelle de Jager en Monique Ferreira speel steeds ’n ondersteunende rol by die groep.
Jeanette Ehlers, ’n maatskaplike werkster, staan die ma’s by met hulle onderskeie probleme.
Kyk hier na meer foto’s:
ViA-Vinkies samel fondse in (1)
ViA-Vinkies samel fondse in (2)
ViA-Vinkies samel fondse in (3)








