Bobby van Jaarsveld koors loop hoog by die Anker
‘n Leerder van Hoërskool Die Anker se dag is vanoggend gemaak.
‘n Leerder van Hoërskool Die Anker se dag is Woensdagoggend gemaak, toe sy vyf kaartjies gewen het om ‘n musiekkonsert van haar gunsteling sanger, Bobby van Jaarsveld, by te woon.
Anro Ras, van Armandi Events, het die kaartjies aan Melissa Crause oorhandig. Armandi Events het ook ook ‘n verdere 250 kaartjies aan die skool geskenk.
Dié kaartjies sal aan leerders van die skool uitgedeel word.
Van Jaarsveld is volgende Vrydag (4 November) in die Woord en Lewe Auditorium, in Sunward Park, te sien.
Goeie nuus vir aanhangers van Franja du Plessis, is dat sy ook gaan optree.
Kaartjies vir die musiekkonsert is beskikbaar by Computicket.
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



