Wen maklik kaartjies om Bobby van Jaarsveld te sien
Die Herald het vyf dubbelkaartjies om weg te gee.

Vyf lesers van die Herald kan elk ‘n dubbelkaartjie wen om die uiters gewilde sanger Bobby van Jaarsveld te sien.
Van Jaarsveld en Franja du Plessis tree volgende Vrydag (4 November) in die Woord en Lewe Auditorium, in Sunward Park, op.
Lees: Bobby van Jaarsveld koors loop hoog by Die Anker
Die musiekkonsert word deur Armandi Events aangebied en kaartjies verkoop vinnig uit.
Die Herald het vyf dubbelkaartjies om weg te gee.
Dit is maklik om in te skryf vir die kompetisie.
Stuur ‘n e-pos na malissas@caxton.co.za en verduidelik, in minder as 20 woorde, waarom jy graag die kaartjies wil wen.
Meld ook jou naam, van en kontaknommer in die e-pos, aangesien wenners telefonies in kennis gestel sal word.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Dinsdag (1 November), om 9vm. Die wenners sal gekontak word en die kaartjies kan by die Herald se kantoor afgehaal word.
Kaartjies vir die Bobby van Jaarsveld musiekkonsert is ook by Computicket beskikbaar.



