CrimeNews

Man gesteek toe booswigte hom en sy vrou by huis inwag

‘n Struweling het ontstaan en volgens inligting is die man met ‘n mes gesteek.

‘n 65-Jarige man en sy vrou (47) is vanmiddag  (Donderdag) gewond toe hulle by hul huis deur booswigte ingewag is.

Die egpaar het glo net na 1nm by hulle huis in Shortstraat, naby die munisipale toetsgronde, aangekom toe hulle deur drie of vier mans ingewag is.

Volgens inligting het die booswigte reeds die egpaar se 32-jarige seun asook ‘n huishulp en drie ander werkers vasgebind.

Toe die paar by die huis aankom, is hulle oorval.

‘n Struweling het ontstaan en volgens inligting is die man met ‘n mes gesteek.

Sy vrou het ook beserings opgedoen, maar die aard van haar beserings is nie op die stadium bekend nie.

Beide beseerdes is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Volgens ‘n familielid, wat ook op die toneel was, is dit op die stadium nie seker of enige iets uit die huis gesteel is nie.

Lede van die Brakpan SAPD is steeds op die toneel.

Meer inligting sal volg.

Lees ook: Derde lyk van vrou in veld gevind

Tiener (15) steek man wat haar gryp en in bos probeer dwing

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button