Wees op jou hoede wanneer jy geld trek
Die polisie het aangeraai dat mense eerder, indien moontlik, interne oorplasings binne die bank moet doen.

Mense wat groot bedrae geld by banke gaan trek moet baie versigtig wees om nie die teiken van kriminele te word nie.
Dié waarskuwing is deur die Brakpan polisie uitgereik nadat daar die afgelope tyd voorvalle was waar mense agtervolg en beroof is nadat hulle geld getrek het.
Die polisie het aangeraai dat mense eerder, indien moontlik, interne oorplasings binne die bank moet doen.
Wanneer dit onvermydelik is om kontant te trek, moet mense verkieslik nie alleen bank toe gaan nie. Dit is ook raadsaam om te alle tye oplettend te wees.
“Wanneer jy vermoed dat jy agtervolg word, moet jy eerder na die naaste polisiestasie ry,” het ‘n woordvoerder van die Brakpan SAPD gesê.
Lees ook:
Helpful ATM safety tips to beat fraud
Beware of lurking criminals near ATMs
Volg ons:



