Local newsNews

Kitt kuier in Brakpan

Die hoogtepunt van die dag was toe ‘n replika van Kitt, van “Knight Rider” faam, by die Pretdag opgedaag het.

‘n Pretdag, ten bate van die Jabes Sorgsentrum, is Saterdag goed deur die publiek ondersteun.

Die sorgsentrum is ‘n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word.

Die sentrum is in Mei, verlede jaar, deur Mona Loubser, op die been gebring en ontvang geen staatsubsidie nie. Dus is dit totaal afhanklik van donasies en die goedhartigheid van die publiek.

Stalletjies en verskeie kunstenaars, wat deur die verloop van die dag opgetree het, het gesorg dat die publiek die dag geniet het.

Die Chevy en Lumina Groep het ook hul voertuie uitgestal.

Die hoogtepunt van die dag was toe ‘n replika van Kitt, van “Knight Rider” faam, by die Pretdag opgedaag het.

Kyk hier na meer foto’s

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button