Nadine Naudé, wat baie lief is vir diere, wil graag ‘n veearts word.
Die leerders kon aantrek volgens die beroep wat hulle graag eendag wil volg.
Jaun-Paul Goosen het almal laat glimlag met sy humoristiese uitkyk op die volwasse lewe.‘n Groot groep leerders van die skool wil in ‘n mediese rigting studeer.Die groepie wil almal regte studeer. Hulle is (van links): Jessica Cloete, Henzelle Badenhorst, Tatym Taljaard, Alexander Geere, Nicola van Niekerk en Marlise Venter.Die seuns wil graag in die buitelug werk. Ryno van Aswegen (links), Donavon Figueiredo en Angelo Jansen van Vuuren bekyk beroepe as jagters, veldwagters en/of om ‘n suksesvolle boerdery te besit.