Editor's choiceLocal newsNews

AfriForum se visier steeds op die begraafplaas

Die regruk-aksie is deel van die burgerregte-organisasie se “Rus-in Vrede-veldtog” en die klem word onder meer op veiligheidsrisiko’s weens ’n gebrek aan sekuriteitsmaatreëls, onbeheerde toegang, vandalisme, vullisstorting, toegegroeide grafte en die verwaarlosing van die publieke toiletgeriewe gelê.

AfriForum Brakpan se doelgerigte stryd om die Brakpan begraafplaas reg te ruk is Maandagoggend ’n stappie verder gevoer.

Die regruk-aksie is deel van die burgerregte-organisasie se “Rus-in Vrede-veldtog” en die klem word onder meer op veiligheidsrisiko’s weens ’n gebrek aan sekuriteitsmaatreëls, onbeheerde toegang, vandalisme, vullisstorting, toegegroeide grafte en die verwaarlosing van die publieke toiletgeriewe gelê.

Maandag het verteenwoordigers van AfriForum, die DA en die Ekurhuleni Metro by die begraafplaas ontmoet om vordering wat reeds gemaak is te bespreek, maar ook om kwelpunte, wat steeds pla, aan te spreek.

Johan Fourie, takvoorsitter het gesê dat dit bemoedigend was dat die nuut aangestelde dorpsbestuurder, Rebotile Matau, teenwoordig was en dat sy met goeie verwysings voorgestel is.

“Die feit bly nietemin dat haar voorgangers haar beslis geen gunste bewys het met die onbevoegde wyse waarop hulle die gemeenskap se klagtes hanteer het nie,” het Fourie gesê.

“Tyd sal leer of Matau haarself in die verband sal kan onderskei,” het Fourie bygevoeg.

Drummond Doig, takondervoorsitter van AfriForum Brakpan, wys hier na een van die diep oop mangate wat ‘n groot gevaar vir besoekers inhou.

Verskeie veiligheidsrisiko’s, onder meer diep oop mangate, wat vroeër reeds onder die Metro se aandag gebring is, is weer eens uitgewys.

“Dit wil blyk dat Metro geen erns kan vind in die veiligheidsrisiko’s wat reeds by herhaling uitgewys is nie,” het Drummond Doig, tak ondervoorsitter, gesê.

“Die Metro bly in gebreke om die nodige herstelwerk aan te bring.”

“Metro bestuur sal dus regsaanspreeklik gehou kan word vir enige besering wat deur Jan Publiek vanweë dié versuim, opgedoen sou word,” het Doig bygevoeg.

Hy het ook die hoop uitgespreek dat die nuut aangestelede dorpsbestuurder haar woord gestand sal doen.

“Vir reeds te lank is Metro werknemers toegelaat om met power en gebrekkige dienslewering oor die hoof gesien te word,” het Doig gesê.

AfriForum Brakpan het ook die geleentheid gebruik om hul misnoeë en kommer uit te spreek oor die hekke wat onlangs aangebring is.

“Ons, as plaaslike waghond organisasie, kan nie die gebrekkige, inteendeel swak, vakmanskap deur die kontrakteur aanvaar nie,” het Gerhard Cilliers, taksekretaris gesê.

“Alhoewel die nuwe hekke sekerlik ‘n funksionele doel kan dien, is dit ‘n skreiende skande dat dié klas van produk en vakmanskap vir die Metro aanvaarbaar is.”

“AfriForum Brakpan-tak sal nie tevrede wees totdat die vervloë glorie van die hoofhek herstel is nie,” het Cilliers, taksekretaris, opgemerk.

Cilliers het ook lede van die Brakpan GPF bedank wat toegesien het dat almal wat teenwoordig was se voertuie en toerusting tydens die besoek bewaak is.

Lees ook:

AfriForum spreek probleme by begraafplaas aan

AfriForum maan Ekurhuleni oor slordige begraafplaas

Organisasies maak besoeke moontlik

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button