Editor's noteLocal newsNews

Kerk vier 100 jaar met ‘n feesnaweek

Al die verrigtinge vind op die kerkterrein te Victorialaan plaas en die toegang is gratis.

Die NG Kerk, Brakpan gemeente vier vanjaar sy 100-jarige bestaan.

Om hierdie gedenkwaardige mylpaal te vier, het die gemeenteraad besluit om ’n feesnaweek te reël wat vanaf 3 November tot 5 November sal plaasvind.

Die feestelikhede sal op 3 November met ’n byeenkoms vir die jeug afskop.

Op 4 November begin die dag se aktiwiteite vanaf 8vm met ’n outydse kerkbasaar.

Heerlike tradisionele eetgoed sal verkoop word en daar sal ook skyfskiet-, kettieskiet-, veerpyltjies- en jukskeikompetisies aangebied word.

Gedurende die dag gaan die gaste deur musikante getrakteer word en vanaf 7nm word Saterdag se verrigtinge in die kerkgebou met ligte opera- en klassie musiek afgesluit.

Toegang tot die konsert, wat deur professionele sangers aangebied word, is gratis.

’n Outydse nagmaalsdiens word op 5 November om 9vm in die kerkgebou gehou waarna die naweek se verrigtinge met ’n tradisionele boere-ete afgesluit sal word.

“Dit is met groot verwagting dat almal uitgenooi word om hierdie feesvieringe saam met ons kerk te kom geniet en in besonder word oud-lidmate genooi om saam te kom kuier,” het ’n woordvoerder van die kerk gesê.

Al die verrigtinge vind op die kerkterrein te Victorialaan plaas en die toegang is gratis.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button