Local newsNews

Motorfietsryers kom tot matrikulant se redding

Sommige het in hul private hoedanigheid opgedaag en ander het aan klubs behoort.

Danksy die goedhartigheid en vinnige optrede van sowat 35 motorfietsryers het ‘n leerder van Die Hoërskool Dr EG Jansen verlede Donderdagaand op ‘n baie indrukwekkende wyse by sy skool se matriekafskeid opgedaag.

Renier Pienaar (18) het die geselligheid saam met sy metgesel, Marlize Engelbrecht, by Thabong in Brakpan bygewoon.

Sy eerste wens was om op ‘n driewiel-motorfiets (trike) by die geselligheid op te daag en met dié reëling was daar nie ‘n probleem nie.

Tweedens wou hy graag deur ander motorfietsryers vergesel word en dít is net waar die beplanning so bietjie skeef geloop het.

Sy ma, Erika Pienaar, vertel dat hulle aan die Grinsin Motorfietsklub in Primrose behoort en dat die klub nie oor ‘n groot aantal lede beskik nie.

Adel Briel, wat ook ‘n lid van die klub is, het ‘n versoek op Facebook geplaas vir motorfietsryers wat saam met Renier sou kon ry.

Die reaksie was oorweldigend en binne ‘n japtrap was daar ‘n hele klomp motorfietsryers wat hande opgesteek het,” het Erika gesê.

“Sommige het in hul private hoedanigheid opgedaag en ander het aan klubs behoort.”

Renier se dag is gemaak toe hy Donderdagmiddag laat saam met sowat 35 brullende motorfietse by Thabong kon opdaag.

Adele, wat gesorg het dat Renier sy opwagting in brullende styl kon maak, het al die motorfietsryers wat opgedaag het bedank.

“Dit was verblydend om te sien dat daar soveel motorfietsryers was wat hul tyd opgeoffer het,” het Adele gesê.

Lees ook:

Motorfietsryers bring brullend speelgoed vir kinders

Paartjie se unieke matriekafskeid klere

Matrieks vier ’40 days’ by Sonneveld Akademie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button