Clarissa Fuhri, ‘n graad sewe leerder aan Laerskool Die Arend het haar laerskoolloopbaan goed afgesluit toe sy tydens die skool se onlangse prestige meriete aand drie toptoekennings in ontvangs geneem het. Sy is as die senor Victrix Ludorum, sportdogter van die jaar asook netbalspeler van die jaar (sy deel die toekenning) aangewys. Die skrander leerder het ook erekleure vir akademie, atletiek en netbal gekry en verskeie sertifikate vir haar prestasies op kultuurgebied ontvang.