Talentvolle danser wil sy vlerke sprei
’n Passievolle danser van Brenthurst, Zandré Bronkhorst (17), is baie opgewonde oor die sukses wat hy onlangs tydens die Battle of the Giants danskampioenskappe, bereik het.
Die kompetisie het by Sun City plaasgevind.
Die danser van Dynamic Dance Studio het ’n eerste plek in die slowdance-afdeling, asook ’n derde plek in die freestyle-afdeling, behaal.
Met dié prestasies agter sy naam het hy ook Champ Status bereik. Kompetisies is baie meer straf onder dié status.
“Ek het nooit gedink dat dit so goed sou gaan nie, aangesien ek verlede jaar ernstig siek was en vir ’n gedeelte van die jaar nie kon dans nie,” het Zandré gesê.
Lees ook: Groot lof vir stoeier wat goud op Statebondspele verwerf
Die talentvolle danser het eers in Augustus verlede jaar aan kompetisies begin deelgeneem en verskeie welslae behaal.

Dans is nie net sy se passie nie, maar is ook iets wat hy graag in sy vrye tyd doen.
“Dancing is not a hobby, it’s a lifestyle,” het hy gesê.
Hy het sy oog op ’n groter visie ingestel en wil graag in 2019 by die World Championships in Blackpool gaan deelneem.
Volg ons:



