Local newsNews

Vrou, wat help, verdien ’n medalje

Ria Harper kry erkenning van ander ouers van die Laerskool Môrewag.

Dankbare ouer skryf:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 27 April (Dié vrou help waar sy kan).

Dankie eerstens aan die Brakpan Herald dat daar erkenning gegee is aan Ria Harper. Sy verdien dit beslis.

Ek het twee kinders in die Laerskool Môrewag skool en alhoewel ek hulle voor die hek aflaai, sodat hulle nie die pad hoef te kruis nie, sien ek vir Ria elke dag op haar pos.

Ek het nog nooit die tyd gemaak om uit te vind waarom sy dit doen nie maar nou weet ek. Ek het ook baie meer waardering vir dié vrou wat haar tyd opoffer om ander te help.

Lees ook: Bejaarde sorg dat skoolkinders veilig bly

Uit die berig blyk dit dat sy ’n hart van goud het en ek haal my hoed af vir haar.

Die dorp en die wêreld sou ’n baie beter plek gewees het as daar meer Ria Harpers was.

En dan moet ek net vir die vrou wat haar gevloek het (dit word ook in die berig genoem) sê: “Mevrou, jy het seker nie kinders in die skool nie, daarom het jy nie waardering vir die tyd wat Ria opoffer nie. Ek hoop jy kry baie skaam oor jou dade en ek hoop dat jy vir haar sal jammer sê as jy weer verby haar ry.”

In my oë verdien Ria ’n medalje.

Volg ons: 

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button