Brakpan skoonheid hou SA se naam hoog
Kaylie is onlangs gekies om Suid-Afrika in China te gaan verteenwoordig met die hoop om naam te maak.
Kaylie Fourie (18), ’n model van die Vogue Catwalk Models in Dalpark, is onlangs gekies om Suid-Afrika by die Miss Tourism Global 2018 kompetisie wat in Shaighai, China sal plaasvind, te gaan verteenwoordig.
Vir Kaylie is die geleentheid ’n groot eer en uitdaging aangesien daar slegs een meisie uit elke land gekies word om deel te neem.
Die kompetisie strek vanaf 15 Junie tot 7 Julie, en die wenner sal met prysgeld van ongeveer R64 350 wegstap.
“Ek voel geëerd om my land in China te gaan verteenwoordig,” het Kaylie gesê.
“Ek voel dat ek nou begin vrugte pluk van al die harde werk wat ek die afgelope jare in my modelloopbaan belê het,” het sy verduidelik.
Lees ook: Geen keer aan Brakpan skoonheid nie
Die beeldskone tiener het met modelwerk begin toe sy net nege jaar oud was.
Kaylie het al talle titels verower maar die vooruitsig om in China teen die wêreld se bestes te gaan meeding is beslis die hoogtepunt van haar modelloopbaan tot dusvêr.

“Die ondervinding wat ek daar gaan opdoen is klaar ’n groot wen en om as die wenner gekroon te word sal net ’n bonus wees.”
Sy het ’n week gelede eers uitgevind dat sy gekies is en hoop dat sy borgskap sal ontvang.
Belangstellendes kan haar op 076 439 2929 kontak.
Volg ons:



