NewsSchools

Anker speler speel ’n barshou by Cravenweek

Danny het in die Valke se eerste wedstryd teen die Luiperds van Noord-Wes ’n skitterende drie gedruk.

Hoërskool Die Anker se vuurvreter flank en onderhoofseun, Danny Keyser, het sy skool se naam vanjaar hoog gehou by die Cravenweek toernooi vir o-18 seuns wat in die Paarl gehou is.

Sy droom is om eendag ’n Springbok te word, maar vir nou fokus hy eers om sy matriek met lof te slaag.

Danny is ook deel van Die Anker se eerste rugbyspan wat ’n baie suksesvolle seisoen beleef het.

Sy span het gekwalifiseer vir verdere uitspele in die Virsekerbeker-kompetisie.

Lees ook: Die Anker se o-14 rugbyspan is kampioene

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button