Editor's choiceNewsSchools

Hoërskool Die Anker vanaand te sien in finaal van REVUE 2018

Lefra Produksies se baie gewilde nasionale revue kompetisie vir laer- en hoërskole is die afgelope twee weke by Carnival City se Mardi Gras Teater aangebied.

Die finaal, waar die wenners aangewys gaan word, word vanaand (Woensdag) in die Big Top Arena van Carnival City aangebied en Hoërskool Die Anker is daar.

Die ander drie hoërskole wat die finaal gehaal het is: Hoërskool Jeugland van Kempton Park, Hoërskool Menlopark van Pretoria en Midstream College Hoërskool van Centurion.

Die vier finaliste in die laerskole afdeling is: Laerskool Baanbreker van Boksburg, Laerskool Hennopspark van Pretoria, Laerskool Van Riebeeckpark van Kempton Park en Laerskool Vastrap van Rustenburg.

Lees ook: Hoërskool Die Anker bied puik revue aan

Tydens die finale word daar ’n wenner in die laerskole- sowel as die hoërskole afdelings aangewys.

Hierdie twee wenskole ding dan teen mekaar mee vir die prys as algehele wenner van REVUE 2018.

Skole kan kontantpryse van meer as R36 000 wen.

Vanjaar se beoordelaars is Lizz Meiring, Helene Bester en Duane Williams.

Die aanbieder is Sue Pyle en die regisseur Frans Swart.

Swart het gesê dat dit die derde jaar is dat hierdie nasionale revue kompetisie aangebied word.

“Dis ongelooflik hoe die kompetisie gegroei het,” het hy gesê.

“Skole, deelnemers en organiseerders geniet ons kompetisie baie, want ons motto is steeds dat dit ’n revue-fees moet wees.

“Natuurlik is die kompetisie element belangrik, maar dis nie die alfa en omega van die fees nie,” het Swart gesê.

Kaartjies vir vanaand se finaal kan by deelnemende skole of by Computicket bespreek word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button