Duisende kolwyntjies bring hoop vir kinders met kanker
Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak en geskenk aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope.
Duisende keurig versierde kolwyntjies het Saterdag, op nasionale kolwyntjiedag, tafels by die Mall@Carnival laat kreun en inkopiegangers na hul asems laat snak.

Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak en geskenk aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope, om vir R10 aan die publiek verkoop te word.
Lees ook: Leerders maak harte oop vir kinders met kanker
Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking en geldinsameling vir kinders met kanker.

Volgens inligting is 6 000 kolwyntjies Saterdag by die Mall@Carnival verkoop, wat gesorg het dat ’n bedrag van R60 000 aan Cupcakes of Hope geskenk kon word.

Personeel en leerders van die Sonneveld Akademie was vanjaar betrokke by die projek en het as hoofkoördineerder opgetree.
Die gebeurtenis het gelyktydig regoor Suid-Afrika in 79 winkelsentrums plaasgevind.
’n Totale bedrag van R2 065 807 is op die dag vir Cupcakes for Hope ingesamel.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter











