’n Mengelmoes van kleur, skattige oomblikke en lyfies wat wikkel was onlangs aan die orde van die dag toe Trippe Trappe Trone Kleuterskool se konsert, So you think you can dance, aangebied is.
Mckenzie du Toit (4) laat waai op die verhoog.’n Kleurvolle produksie, waaraan daar hard geoefen is, is op die planke gebring.Kinders van die Bye-klas het vir oulaas aan hul kleuterskool se konsert deelgeneem. Hulle gaan volgende jaar skool toe.Jayden Burger (5) en Miané Janse van Rensburg.Mikailo Geldenhuys (3, links) en Zenanté du Toit het met oorgawe deelgeneem.