Editor's choiceLocal newsNews

Onderwyser groet na 40 jaar

Hierdie toegewyde onderwyser se uittrede uit die onderwys los ’n groot leemte.

’n Onderwyser van die Laerskool Dalview, Linda Terblanche, lê na 40 jaar se passievolle en pligsgetroue diens die tuig neer.

Terblanche se eerste aanstelling was in 1978 te Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, waar sy huishoudkunde vir graad agt tot graad 12 en wetenskap vir graad nege gegee het.

In 1982 verhuis sy van die platteland na Brakpan, die dorp waar sy groot geword het.

Sy word toe in ’n permanente hoedanigheid by Hoërskool Hoogland aangestel waar sy vir 14 jaar huishoudkunde onderrig, en vier jaar hotel en spyseniering.

In 2000 aanvaar sy ’n aflospos by die Laerskool Dalview en onderrig ’n graad drie klas.

Lees ook: Onderwyser wat kankerstryd verloor word vandag begrawe

In 2001 word sy permanent aangestel en onderrig sy nog ’n jaar by graad drie.

Daarna het sy na graad vier geskuif, waar sy vir die volgende 15 jaar onderrig gee.

Terblanche was ook verantwoordelik vir die klerebank by die skool.

Sy het ook netbal afgerig en was ’n beampte by atletiek en landloop. Op kultuurgebied was sy ’n lid van die skool se kultuurkommitee, met uitmuntende organisatoriese vaardighede.

“Hierdie toegewyde onderwyser se uittrede uit die onderwys los ’n groot leemte. Sy het haar altyd beywer oor die welstand van leerders en was telkemale die ‘ma’ en ‘verpleegster’ by die skool vir talle leerders,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button