In die kollig: Leer die mense in jou dorp ken
Ruan Smith is in die kollig die week.
Ruan Smith (12) is Laerskool Môrewag se hoofseun vir 2019. Hy woon saam met sy ouers, Ewert en Michelle, asook sy susters Nadine (22) en Bianca (18) in Brenthurst.
• Jy is vanjaar die hoofseun van Laerskool Môrewag, het jy gedink jy sou die hoofleier word?
Ek het gestres oor dit, maar ek het ’n goeie gevoel gehad omdat ek nog altyd hard gewerk het om ’n hoofleier te word.
• Wat is jou pligte as hoofseun van die skool?
Ek moet ’n voorbeeld stel vir die kinders in my skool.
Ek moet ook baie keer open op die aantreeblad en by sportbyeenkomste. Ek moet dissipline toepas en die kinders help waar ek kan en altyd ’n ambassadeur vir my skool wees.
• Watter vak is vir jou die lekkerste en hoekom?
Ek sal sê kuns en kultuur, want ek hou daarvan om te teken en kreatief te wees.
• Watter vak sal jy liewer ’n mis gee as jy kan?
EBW, dit is baie werk en soms moeilik om te verstaan.
• Beoefen jy sport by die skool en dink jy dit is belangrik dat kinders aan sport deelneem?
Ja ek beoefen sport, ek doen rugby, atletiek en krieket. Ek dink dit is belangrik omdat dit kinders aktief en fiks hou en dit gee jou ook meer punte by die skool.
• Wat het jy vir Valentynsdag gedoen?
Ek was by die skool en was opgewonde om deel te wees van ’n radio uitsending wat by ons skool gemaak is. Verder het ons maar net gewone klere aangetrek op die dag en dit geniet saam met ons vriende, vriendinne en onderwysers.
• Dink jy daar is hoop vir die jong mense van hierdie land?
Ja ek doen, solank hul in hulself glo en in ons land, dan is daar definitief hoop.
• As jy een wens het, wat bewaarheid sou kon word, wat sou dit wees?
Ek sou wens dat rassisme kan ophou en dat almal gelyk is.
• Wat is jou opinie oor sosiale media?
Ek dink sosiale media is ’n goeie ding, want jy kan jouself meer uitdruk as jy ’n skaam persoon is. Alhoewel dit ook sleg kan wees vir jou as jy dit misbruik.
• Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek hou daarvan om trampoline te spring, te eet, televisie te kyk en sport te oefen.
• Wat dink jy is die eienskappe van ’n goeie leier?
Hy moet goeie maniere hê. Jy moet ’n voorbeeld wees vir ander kinders en hul nie toelaat om oor jou te loop nie. Jy moet dissipline kan toepas op ’n billike manier. Jy moet jou skool kan dien en ’n ambassadeur wees.
Lees: Morries se bestes word beloon
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



