Editor's choiceLocal newsNews

Die winter bring uitdagings – help só

Tutela en Rata Maatskaplike Dienste is deurentyd besig om opheffingswerk in die dorp te doen.

Gedurende die winter word die nood groter vanweë die feit dat honderde mense snags op straat slaap en ’n stryd voer om in die koue te oorleef.

Die twee organisasies gaan binnekort, tydens ’n spesiale projek, warm kledingstukke asook komberse aan behoeftiges oorhandig en het ’n versoek aan die publiek gerig om te help.

Lees: Winter-projek kom tot ’n einde

“Ons het ’n te kort aan jasse, baadjies en komberse en sal enige sodanige skenkings van die publiek baie waardeer,” het ’n woordvoerder van Tutela gesê.

Daar is ook ’n groot behoefte aan kos. Persone wat wil help kan voor 14 Junie skenkings na Rata se kantoor, wat in Parkstraat geleë is, neem of na Tutela se kantoor wat in Northdenelaan 106a (oorkant Kommando Skool) geleë is.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button