Editor's choiceLocal newsNews

Twee weldoeners sorg vir groot vreugde

Jaylin en sy ma is, danksy dié goedhartigheid, reguit winkels toe om vir hom ’n ander hommeltuig te gaan koop.

Die vyf-jarige seun wie se hommeltuig (drone), wat ’n geskenk was, onlangs vermis geraak het, het weer rede om breed te glimlag.

Die Herald het verlede week berig oor Jaylin Coetzer se groot hartseer toe die hommeltuig wat hy gekry het, weggeraak het.

Jaylin se grootste wens was om sy eie hommeltuig te besit en sy ma, Belinda Coetzer, het gesorg dat haar seun se droom waar word.

Soos enige ander jong kind, was Jaylin baie gretig om vir die eerste keer sy nuwe speelding uit te toets, min wetend dat daar groot teleurstelling op hom wag.

“Jaylin het sy hommeltuig net voor skemer laat opstyg, waarna die speelding sein verloor en in sy eie rigting gegaan het,” het Belinda vertel.

Lees: VIDEO: Hommeltuig verdwyn pas na kind (5) dit ontvang

Dit was die laaste sien van sy geskenk en Jaylin was baie hartseer.

Maar die prentjie het verander toe ’n inwoner van die dorp Jaylin se verlore hommeltuig in die ou wandellaan opgetel het en dit aan Jaylin terug besorg het.

Ongelukkig was die hommeltuig buite werking.

“Daar was gelukkig twee weldoeners van die dorp wat hul beursies oopgemaak en vir Jaylin geld geskenk het vir ’n splinternuwe hommeltuig, het Belinda vertel.

Jaylin en sy ma is, danksy dié goedhartigheid, reguit winkels toe om vir hom ’n ander hommeltuig te gaan koop.

Die jong seun is baie in sy noppies oor sy nuwe hommeltuig en is opgewonde om die speelding uit te toets – hopelik met beter gevolge.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button