Local newsNews

Brakpan 100 jaar: Leerders se talent beïndruk

Kunswerke kon in enige medium voorgelê word, hetsy skilderye, tekeninge, kunsvoorwerpe of fotografie.

Die Brakpan Herald het onlangs ’n kunskompetisie, met die oog op die 100ste bestaansjaar van die dorp, aangebied.

Laerskool leerders van die dorp is uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.

Altesaam 179 inskrywings is ontvang en die beoordelaars moes maar lekker kop krap om ’n wenner in elke graad (graad een tot graad sewe) aan te wys.

Die leerders van Laerskool Brakpan-Oos was veral fluks en die Herald het 90 inskrywings van dié skool ontvang.

Ander skole wat ook deelgeneem het was Laerskool Dalview, Dalpark Private School en Brenthurst Primary School.

Die sewe wenners ontvang elk ’n R300 koopbewys van Sherwood Pick n Pay.

Hulle is:

Luaney du Plooy (graad een, Laerskool Dalview), Zanél Venter (graad twee, Laerskool Dalview), Zinhle Madela (graad vier, Brenthurst Primary) en Montezz Kalicharon (graad vier, Dalpark Private School), Frederik Minnie (graad vyf, Laerskool Brakpan-Oos), Anika van Emmenes (graad ses, Laerskool Dalview) en Kayla van der Westhuizen (graad sewe, Laerskool Brakpan-Oos).

Anika van Emmenes (graad ses, Laerskool Dalview).
Zanél Venter (graad twee, Laerskool Dalview).
Kayla van der Westhuizen (graad sewe, Laerskool Brakpan-Oos).
Zinhle Madela (graad vier, Brenthurst Primary).
Montezz Kalicharon (graad vier, Dalpark Private School).
Frederik Minnie (graad vyf, Laerskool Brakpan-Oos).

Twee wenners is in graad vier aangewys aangesien daar nie ’n wenner in graad drie was nie.

Thelma Koorts, redakteur van die Brakpan Herald, het elke leerder wat moeite gedoen het om in te skryf geluk gewens.

“Ons het baie indrukwekkende inskrywings ontvang en dit is verblydend om te sien dat die jonger geslag van die dorp belangstelling in die geskiedenis van Brakpan toon,” het Koorts gesê.

Sy het ook lof gehad vir die leerders van die Laerskool Brakpan-Oos wat vir die meeste inskrywings gesorg het.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button