Benewens die feit dat daar nog ‘n samedromming van mense in Stasieweg is, is die dorp rustig.
Dié groep mense in Stasieweg word steeds fyn dopgehou deur die SAPD en die EMPD.

Die DA raadslid vir wyk 97, rdl Brandon Pretorius het gevra dat die publiek seker moet maak dat inligting, wat hulle ontvang, korrek is voordat dit versprei word.
“Inligting wat nie korrek is nie kan onnodige paniek saai,” het Pretorius gesê.
Hy het ook bevestig dat geen winkels in die dorp geplunder is nie.
Die eienaar van Perry’s Supermarket in Dalview, JP De Sequeira het aan die Herald gesê dat hy sekere voorsorg maatreëls getref het maar dat besigheid soos normaal voortgaan by die winkel.
“Ons het gehoor dat daar glo mense na die besigheid op pad was maar die inligting was nie korrek nie,” het Sequeira gesê.
“Mense moet nie onnodig paniek saai nie,” het hy bygevoeg.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



