Ten spyte van bibberweer het honderde kleintjies van sommige van die dorp se kleuterskole en speelgroepe Saterdag aan Kinderkinetika se atletiekdag deelgeneem.
Kleuterskole en speelgroepe wat vanjaar deelgeneem het was Rafiki Kleuterskool, Besige Eendjies Dagsorg, Bambi Kleuterskool, Lekkerbekkies Speelgroep, Trippe Trappe Trone, Laaities en Ladies, die Hasie Paradys asook die graad R en –RR leerders van die Laerskool Dalview (Dalvoetjies).
Soos oudergewoonte het die deelnemende skole aan ’n optog deelgeneem voordat daar teen mekaar meegeding is.
Nie-bederfbare voedsel, wat onder behoeftige gesinne van die dorp versprei sal word, is ook ingesamel.





Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:














































