Sonneveld Akademie het onlangs ’n wiskundedag by die skool toegepas deur wiskunde speel-speel buite die klaskamer te leer.
Die leerders is in groepe verdeel, met die doel om volgens ’n puntestelsel teen mekaar te kompeteer.
Senior leerders van graad vier tot in graad 12 het ’n paar kopkrappers ontvang, maar dié skerp Sonnies het dit sommer vinnig uitgepluis.
Die grondslagfase het dit ook gate uit geniet deur ’n paar interessante speletjies, soos mini-gholf, te speel.
Video: Die grondslagfase het die mini-gholf bemeester.
Die wenners is aangewys na aanleiding van die span met die meeste punte.


Lees: Matrieks skop hul “40 days” op ’n prettige wyse af
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



