Editor's choiceLocal newsNews

Gemeenskap genooi om te braai

Die hoofdoel van die samekoms is om oor misdaadbekamping te gesels.

Inwoners van Minnebron, Sunair Park en Rand Collieries word uitgenooi na ‘n gemeenskap braaidag wat Saterdag (26 Oktober) plaasvind.

Die hoofdoel van die samekoms is om oor misdaadbekamping te gesels en ook om mekaar te leer ken.

Lees ook: Gemeenskapsmark was ‘n lekker gedoente

Inwoners kan vanaf 2nm in die park tussen Jim Vining- en George Troskiestraat bymekaar kom.

Die organiseerder en gasspreker is Chris Hattingh van die Minnebron Patrolleerders wat ook die inwoners om 3nm sal toespreek oor veiligheid  en misdaadbekamping in die bogenoemde woonbuurte.

Belangstellendes word versoek om gazebo’s saam te neem.

Persone wat verkies om nie te braai maar wel belangstel in die bespreking sal ook welkom wees.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button