Just Wheels hou Kersmark
Die publiek word genooi om ’n rustige aand te gaan geniet.

Die Just Wheels Motorklub se jaarlikse Kersmark vind op 6 Desember by die klubhuis, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, plaas.
Die publiek word uitgenooi om vanaf 5nm ’n genotvolle aand te gaan geniet en terselfdertyd sommer Kersinkopies, by ’n groot verskeidenheid stalletjies, te doen.
Daar sal eet- en drinkgoed te koop wees asook ‘n springkasteel vir die kinders om op te baljaar.
Natuurlik sal daar ook ‘n uitstalling van voertuie wees.
Op die opeenvolgende Vrydag (13 Desember) word ’n Kersliedere by kerslig (carols by candlelight) vanaf 5nm aangebied.
Lees ook: VIDEO: Blink waens by Just Wheels se opedag te sien
Die publiek word genooi om ’n rustige aand te gaan geniet.
Worsrolle en hamburgers sal te koop wees, maar die publiek is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te neem.
Kampstoele of komberse sal ook nodig wees.
Vir meer besonderhede kan Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 geskakel word.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



