NewsSchools

Lang gewag vir matrieks is verby

Opgewonde matrieks het by hoërskole in die dorp opgedaag om hul uitslae op papier te ontvang.

Daar was Woensdagoggend groot verligting vir die grootste meerderheid van die dorp se matrikulante toe die matriekuitslae vir 2019 bekendgemaak is.

Leerders kon net na middernag op verskeie wyses hul uitslae bekom, maar Woensdagoggend het opgewonde matrieks by hoërskole in die dorp opgedaag om hul uitslae op papier te ontvang.

By die Hoërskool Stoffberg was dit veral Richard Bock, Nicolene Pretorius en Alicia Visser wat in hul skik was met die vier onderskeidings wat elk ontvang het.

Richard Bock van Die Hoërskool Stoffberg het vier onderskeidings behaal.

Vallery Milligan het drie onderskeidings behaal. Altesaam vyf leerders van die Hoërskool Stoffberg het vyf onderskeidings behaal en 15 het met een onderskeiding geslaag.

Hoërskool Die Anker se uitblinkers was Brendonn Pelser en Bridget Julsing wat elk vyf onderskeidings behaal het.

Daar was ook agt leerders wat elk met twee onderskeidings spog.

Johan Snyman, hoof van Die Anker het aan die Herald gesê dat die skool ’n 92 persent slaagsyfer het en dat 50 persent van die leerders met universiteitstoelating geslaag het.

Daar was altesaam 60 vak onderskeidings.

Volgens Snyman was tegniese wiskunde en –wetenskap beslis ’n struikelblok en ’n faktor wat bygedra het dat sommige leerders nie geslaag het nie.

“Dit is beslis iets waaraan ons sal werk in die komende jaar.

“Ons is aan die begin van ’n nuwe jaar, waar ons weer van voor af die pad gaan stap saam met ons leerders en ’n span baie gemotiveerde onderwysers,” het Snyman gesê.

Die hoof van Hoërskool Die Anker, Johan Snyman, het Woensdagoggend vir Brendonn Pelser en Bridget Julsing, wat elk vyf onderskeidings behaal het, gelukgewens.

Meer foto’s: Matrieks is nou reg vir die grootmenswêreld

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button