Marnu Botha, ’n oud-leerder en hoofseun van die Laerskool Dalview, wat sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Oosterlig voltooi het, het sewe onderskeidings in die 2019 matriekeksamen losgeskryf.
Marnu, wat in Dalpark woon, het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, besigheidstudies en lewensoriëntering behaal.
Ten spyte van ’n besige akademiese program tydens 2019 het Marnu in sy graad 12 jaar ook sy skool op provinsiale vlak in atletiek (middelafstande) verteenwoordig.
Hy was ook lid van Oosterlig se dissiplinêre komitee en het vir oulaas diens gedoen as skrumskakel van die senior rugbyspan.
Marnu gaan BCom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Lees ook: Lang gewag vir matrieks is verby
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



