Editor's noteLocal newsNews

Skrikkeldagbaba is so bietjie haastig

Die kleintjie het 2.810kg by geboorte geweeg en is 49cm lank.

Een baba het Saterdag, op skrikkeldag, sy opwagting by die Life Dalview Hospitaal gemaak.

Die seuntjie, wat in werklikheid voortaan net elke vier jaar sal verjaar, is die eersteling van die verloofde paartjie Carli Coetzee (19) en Werner Menezies (25) van Springs.

Luandré, wat om 8.06vm deur middel van ’n keisersnee in die lewe gebring is, was so bietjie haastig aangesien sy beplande geboortedag eers 4 Maart sou wees.

“Ja, hy het so bietjie vroeër as beplan vir ons kom hello sê”, het ’n baie trotse Werner aan die Herald gesê.

Lees: Vrou skenk geboorte op sypaadjie, pa vang die baba

Hy het Maandagoggend rustig en lekker warm toegedraai in ’n wiegie langs sy ma se bed gelê en slaap. Hy was salig onbewus daarvan dat hy afgeneem word vir die koerant en nie eens sy ogies oopgemaak toe hy opgetel is vir die foto nie.

Gevra op watter dag sy verjaarsdag voortaan gevier sal word het Werner gesê dat hy en Carli nog so bietjie verskil.

“Ek verkies die 28ste Februarie maar Carli dink weer dit moet eerder die 1ste Maart wees en ek kry die gevoel dat ons seker met haar besluit sal gaan,” het Werner gesê.

“Een ding is verseker, sy verjaarsdag sal elke jaar gevier word en hy sal elke jaar geskenke kry, maar elke vier jaar sal ons dit vir hom baie besonders maak en sal daar ook ’n ekstra geskenk wees,” het Werner gesê.

 

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button