Inwoners glimlag breed oor nuwe motors
Dié twee het elk een van die 51 voertuie wat deur die Spar weggegee is, gewen.
Daar was Vrydag breë glimlagte op die gesigte van twee inwoners van die dorp wat elk ‘n splinternuwe motor gewen het.
Veronica Peterson (47) van Brenthurst en Ben Ras (55) van Dalview het elk ‘n Hyundai Grandi10 in ‘n landswye kompetisie wat die afgelope twee maande deur Spar aangebied is, gewen.
Dié twee, wat gereelde kliënte van VC Super Spar in Dalview is, het elk een van die 51 voertuie wat deur die Spar weggegee is, gewen.
Veronica het Vrydag gesê dat sy haar geluk skaars kon glo, maar dat sy baie in haar skik is met haar nuwe ryding.

“Ek het wel ‘n voertuig, maar ek gaan dit nou vir my man, Godfrey, gee en ek gaan die nuwe een hou,” het sy gesê.
Ben, het gesê dat die enigste ding wat hy al ooit gewen het, ‘n botteltjie deodorant was.
“Ek gaan beslis hierdie voertuig hou. Ek moet gereeld ‘n ouerige persoon vervoer en dit is ietwat ongemaklik om in en uit my bakkie te klim.
“Hierdie nuwe voertuig gaan baie handig wees,” het Ben gesê.
Hy het bygevoeg dat hy die Spar al vir baie jare ondersteun.
“Ek het al baie geld hier spandeer en nou het ek vir ‘n slag ‘n bietjie terug gekry,” het hy tong in die kies gesê.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



