Local newsNews

Carla is ‘n ster in wording

Om die kersie op die koek te plaas, is sy ook tydens die medalje- en prysuitdeling aangewys as beste vroulike drama deelnemer.

Die 13-jarige Carla Schönfeldt van Sunair Park is beslis met die goue lepel in haar mond gebore.

Dié stelling is onlangs weer bewys toe die uiters talentvolle tiener skoonskip gemaak het by die 2020 Suid-Afrikaanse Kampioenskappe  vir die Uitvoerende Kunste (SACOPA), wat vanaf 4 tot 12 Desember in Rustenburg plaasgevind het.

ALSO READ: 

Oom Belt sterf na hartaanval

Carla het nie minder as 21 goue en vyf silwer medaljes ontvang.
Gedurende die afgelope vyf jaar het sy 123 medaljes huis toe gebring, waarvan 75 goud was.

Te midde van ‘n jaar wat baie uitdagings gebied het, het Carla as onderhoofleier van Laerskool Dalview gewys wat in haar steek.
Sy het nie toegelaat dat die pandemie haar drama- en danstalente en groot drome oorskadu en kelder nie.

Om die kersie op die koek te plaas, is sy ook tydens die medalje- en prysuitdeling aangewys as beste vroulike drama deelnemer.
Saterdagaand by ‘n spoggeleentheid waar die beste van die beste hulle talente op die verhoog vertoon het, is Carla aangewys as Female Grand Champion 2020.

Sy het die hoogste algehele punt by drie gekwalifiseerde beoordelaars in die drama-afdeling ontvang.

Wat hierdie prestasie nog groter maak is dat sy meegeding het teen deelnemers vanaf die ouderdom vyf tot 30+ jaar.

Carla het ook Saterdagaand ‘n jaar geborgde TV-afrondingskursus as deel van haar toekenning by een van die beoordelaars, wat haar talent raakgesien het, ontvang.

Die jonge juffie is ook gekies om deel te wees van die Suid-Afrikaanse-span wat Suid-Afrika volgende jaar gedurende Julie in Nashville, Tennessee, by die Wêreld Kampioenskappe gaan verteenwoordig.

ALSO READ: 

VivA stel gratis aanlyn lees-en-luisterbiblioteek bekend

Carla ontvang haar afrigting by die CJ Cillié Drama ateljee wat op Woensdae klas in Springs aanbied.
Die personeel van die ateljee kan haar nie genoeg prys vir haar harde werk, deursettingsvermoë en entoesiasme nie.

Vra ‘n mens haar hoe sy oor die baie medaljes en prestasies voel, is haar antwoord: “God het vir my ‘n ongelooflike talent gegee en ek moet daarmee woeker.
“Met my laerskoolloopbaan nou agter die rug, gaan ek eers ‘n bietjie ontspan en ek sien uit daarna om volgende jaar ‘n Stoffberger te word,” het Carla gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button