Local newsNews

Lekker bederf wag op twee ma’s

Dit is baie maklik om in aanmerking te kom vir die pryse wat ons aanbied.

Moedersdag word Sondag (8 Mei) gevier en die Herald wil graag twee lesers (wat ma’s is) bederf.

Dit is baie maklik om in aanmerking te kom vir die pryse wat ons aanbied.

Ons wil hoor van persone wat graag hul ma wil bederf.

Al wat jy hoef te doen is om ‘n e-pos te stuur na brakpanherald@caxton.co.za en in een sin te verduidelik waarom jy graag een van die pryse wil wen.

Meld die woord Moedersdag in die onderwerpboks.

ALSO READ:

Maatskappy sorg dat minderbevoorregtes ook lekkergoed geniet

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag (6 Mei) en die twee wenners sal telefonies in kennis gestel word.

‘n Heerlike maaltyd ter waarde van R300, wat geborg word deur Fig on the Rock, wat te 15 Paul Krugerweg, Dalview geleë is, wag op een wenner.

Die ander wenner wat gekies word sal ‘n bewys vir ’n skoonheidsbehandeling ter waarde van R150 wen. Die prys word deur Beauty By Né-Shalon geborg
Slegs inwoners van Brakpan kan inskryf.

Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button