Local newsNews

VLU ploeg terug in die gemeenskap

Soos oudergewoonte is die lede se handewerk ook deur kundige beoordelaars beoordeel.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie het Dinsdagoggend hul maandelikse vergadering gehou waartydens verskeie handgemaakte items uitgedeel is aan die gemeenskap.

Tydens die vergadering het Bart Zaayman, die voorsitter van Brakpan vir Brakpan (B4B), ook die geleentheid gehad om die doelwitte van sy organisasie aan die VLU-lede bekend te stel.

Soos oudergewoonte is die lede se handewerk ook deur kundige beoordelaars beoordeel. Die Bakpan-tak vergader elke tweede Dinsdag van die maand by die klubhuis van die Just Wheels Motorklub wat te Kitzingerlaan geleë is.

Vroue wat belangstel om aan te sluit of meer te wete wil kom kan die vise-voorsitter, Elsabé Grobler, by 082 891 4514 kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button