Local newsNews

Broer én suster palm wen-titels by SA’s in

Broer en suster kom eerste in hul onderskeie items

“Dit was ‘n ongelooflike trotse oomblik vir ons as familie,” is die woorde van Jacqueline Cloete (40) wat die trotse ma van twee Suid-Afrikaanse Biathle Triathle kampioene is.

Jaylene (18) en haar jonger broer Alisandro (16) Cloete van Geluksdal het beide ‘n wen-titel verower tydens die Suid-Afrikaanse Biathle Triathle Kampioenskap.

Die byeenkoms het op 28 Mei by die Somerset College in Somerset-West plaasgevind.

Hulle het vroeg in April reeds by die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.


ALSO READ: Three crucial mid-year facts for matrics


Die item bestaan uit 1 600m hardloop, 200m swem, gevolg eur ‘n verdere 1 600m hardloop.

Hulle oefen tans vier keer per week om in top vorm te bly. Alisandro het ‘n eerste plek verower in die seuns o19 ouderdomsgroep.

“Om die wenstreep oor te steek was wonderlik en ‘n trotse gevoel het my oorspoel,” het Alisandro gesê.

Hy is tans ‘n Graad 11 leerder aan die Hoërskool Stoffberg waar hy aan atletiek en krieket deelneem.


ALSO READ: Visitors flock to car show in aid of cancer awareness


Sy liefde vir Biathle het reeds op die ouderdom van nege jaar begin. Jaylene het in die junior vroue kategorie deelgeneem waar sy ook ‘n eerste plek verower het.

Sy het verlede jaar deur Impaq Tuisonderrig matrikuleer en studeer tans BCom Menslike Hulpbronbestuur. Sy het ook op ‘n jong ouderdom van 11 jaar met Biathle begin.

Dit was egter nie hul eerste keer by die SA’s nie, beide van hulle het in 2016 aan hul eerste SA-kampioenskappe deelgeneem.

Daardie jaar het Alisandro 29ste in sy ouderdomsgroep geëindig en Jaylene 16de in haar ouderdomsgroep.

“Ons het altyd geweet dat hulle sal terugkom en nog harder werk. Hierdie keer het harde werk vrugte afgewerp,” het Jacqueline gesê.

Die twee kampioene van Geluksdal het waarskynlik hul talente by beide hul ouers geërf. Hul pa, Donald (45) was op sy dag ‘n kranige atleet, rugby en sokkerspeler.

Jacqueline het ook self aan atletiek deelgeneem en hokkie as sport beoefen.

“Om die Suid-Afrikaanse Biathle Kampioenskap te wen was een van die opwindendste ervarings wat ons as ouers ooit kan voorstel, om nie net een kind te hê nie maar twee wat eerste plek kon behaal het,” het Jacqueline gesê.

Jaylene beweer dat sy dié sport juis geniet omdat dit uitdagend is om te swem en hardloop.

“Dit daag jou mentaliteit uit, want jou gedagtes moet sterk wees,” het sy bygevoeg.

“Ons harte was gevul met trots en hope vreugde.”

Die gesin beoog om in Oktober na Portugal te reis om aan die Biathle-Triathle Wêreld Kampioenskappe deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button