Local newsNews

Marno is op die herstelpad

Marno vind dit steeds baie moeilik om kos te slug.

Marno Muller (5), die seuntjie wat meer as drie weke gelede by sy kleuterskool gewurg het, is Maandag uit die intensiewe sorgeenheid van die Life Garden City Hospitaal oorgeplaas na ‘n normale kindersaal.

Sy ma, Helga Muller, het Dinsdagoggend aan die Herald gesê dat dit ‘n baie groot verligting is en dat sy verheug is oor die vordering wat haar dapper seuntjie maak.

“Ek is veral dankbaar dat ek nou meer tyd by Marno kan deurbring en selfs by hom kan oorslaap. Dit was nie moontlik toe hy in die intensiewe sorgeenheid was nie,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat Marno wel vorder maar dat dit ’n stadige proses is en dat dat ’n nog ’n lang pad vorentoe is.

“Hy ontvang tans spraak-, fisio- en arbeidsterapie en die mediese span is tevrede met die vordering wat hy maak.”

Volgens Helga sal daar binnekort vasgestel word of hy gereed is om na ‘n rehabilitasie-sentrum oorgeplaas te word.

“My kind gaan nog baie professionele hulp en bystand nodig hê. Tyd sal leer.”

Marno vind dit steeds moeilik om kos te sluk maar hy het wel begin om vaste kos in te neem.

Volgens Helga het Marno ‘n gesonde eetlus gehad en was hy veral lief vir worsies, vetkoekies, pizza, slap chips en koue vleis.

“Hy weet ek is sy mamma en dat ek by hom is. Hy praat nog nie eintlik veel nie maar ek en hy kommunikeer op ons manier.”

Helga het sedertdien ’n video op sosiale media geplaas waar sy verskillende kleure vetkryt aan Marno toon en vra wat die kleur van elkeen is.


LEES OOK: Robbers hold man and son at gunpoint in home


Die dapper seuntjie dui elkeen se kleur akkuraat aan. Daar was ook ‘n video waar Marno, met baie wankelrige beentjies, aan ‘n trollie vashou en met die hulp van ‘n fisioterapeut ‘n paar treë gee.

“Ons gaan saam die pad stap totdat my kind weer reg is,” het Helga gesê.

Marno het op 26 Mei by sy kleuterskool in Brakpan by ’n glyplank afgegly het, terwyl die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het.

Dit het stywer om sy nek getrek en daartoe gelei het dat hy verwurg het. Die ongeluk het ’n massiewe reaksie van die publiek, van heinde en verre, uitgelok.

Sedert die voorval is daar by vele skole en kleuterskole fondsinsamelings gehou en het individue en besighede ook bygedra tot die mediese onkoste.

Die gesin beskik net oor ‘n basies mediese fonds en die mediese uitgawes is enorm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button