Local newsNews

Broers draf uit vir die Valke-span

Hulle liefde vir die spel het al op 'n jong ouderdom begin.

Twee broers van Sherwood Gardens, Izaan (18) en Ettienne Smit (15), is albei vanjaar gekies vir die Valke span.

Nadat daar verskeie proewe gespeel is, is die spanne is onlangs by ‘n spog geleentheid by Hoërskool Hans Moore in Benoni bekend gemaak.

Beide Izaan en Ettienne het die nommer vyf trui ontvang vir die slot posisie.

Izaan is ’n matriekleerling aan Hoërskool Die Anker waar hy vir die skool se eerste rugby span uitdraf en is gekies vir die o18-Cravenweek span gekies.


LEES OOK: Anker rugbyspelers toer vir Valke


“Ek het hard gewerk om dit die jaar te bereik veral na ons vir omtrent twee jaar nie rugby gespeel het nie.”

Ettienne is vanjaar ‘n graad tien leerder aan Hoërskool Dr EG Jansen waar hy vir sy skool se o16A-span speel.
Hy is vir die o16 Grant Khomo Valke span gekies.

“Ek het ‘n atletiekbesering opgedoen en was ook aan die begin van die seisoen siek, so ek het gedink my kanse was skraal om die span te haal,” het hy vertel.

Dié broers het reeds as vier-jariges begin rugby speel en toe al ‘n liefde daarvoor ontwikkel.


LEES OOK: Hospice East Rand offers home-based personal care assistant qualification


Beide hul ouers is ook sportief met hul ma Michelle as ‘n kranige swemmer en hul pa Francois wat vir die Pumas en Sharks rugby gespeel het.

Die seun is nie net doenig op die rugbyveld nie maar ook op die atletiekbaan. Beide Izaan en Ettienne is SA atlete.

Ettienne het verlede jaar aan spiesgooi by die SA Kampioenskappe deelgeneem en Izaan het vanjaar aan hammergooi en diskus by die SA’s deelgeneem.

Ettienne beoog om sy rugby verder te vat en moontlik ‘n loopbaan daaruit te maak en alhoewel Izaan net so lief vir die spel is, beplan hy om rugby op universiteit te speel terwyl hy moontlik onderwys studeer.

Izaan was al in die verlede vir die Bokkie, Valke Rhino en die Bokkie SA-spanne gekies en het al na lande soos Italië en Ierland getoer.

“Ek geniet dit om as ‘n span op die veld te draf. Die band wat ons as span het is ongelooflik,” het hy gesê.

Ettienne weet ook dat harde werk van hom verwag word omdat hy reeds twee keer in die verlede vir die Valke gespeel het.

“Ek geniet dit om my talent wat ek van God af kry, te gebruik,” het hy bygevoeg.

Die seuns oefen al ‘n geruime tyd saam met hul gekose spanne en het al verskeie opwarming wedstryde gehad.

Ettienne is tans in Kimberley besig met die Grant Khomo toernooi en Izaan vlieg vroeg in Julie Kaap toe om sy toernooi af te skop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button