Local newsNews

Brakpan VLU hou prysuitdeling

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het Dinsdag hul jaarlikse prysuitdeling gehad. Die vergadering, wat by die Just Wheels Klubhuis gehou is, het ‘n Valentynstema gehad.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het Dinsdag hul jaarlikse prysuitdeling gehad. Die vergadering, wat by die Just Wheels Klubhuis gehou is, het ‘n Valentynstema gehad.

Elsabe Grobler het die vergadering geopen met ‘n kort boodskap en gebed voordat die gaste bedank is en die prysuitdeling ‘n aanvang geneem het.

Jackie Lavos, voorsitter van die tak, het die oorhandiging van die pryse behartig met die hulp van die sekretaresse, Delores van Rooyen.

Wenners is in hierdie kategorieë aangewys. (Die eerste plek wenner se naam verskyn eerste)

• Breiwerk: Ina Troskie, Sjaan Buchel.

• Handvlyt: Alet Neveling, Sylvia Smith.

• Ope afdeling: Irma du Plessis, Myra Smit.

• Borduur: Sjaan Buchel, Delores van Rooyen.

• Fotografie: Delores van Rooyen, Hester Vorster.

• Skryfkuns: Elsabe Grobler, Petro Botes.

• Gebak: Hester Vorster, Lena Smit.

• Mikrogolf: Delores van Rooyen, Lena Smit.

• Gebottel: Delores van Rooyen, Hester Vorster.

• Naaldwerk: Delores van Rooyen, Petro Botes.

• Hekelwerk: Delores van Rooyen, Mary-Ann Sargent.

• Beginners blomme trofee: Sylvia Smith.

• Blomme wenner: Delores van Rooyen.

• ‘n Spesiale trofee vir vonkelvrou van die jaar is oorhandig aan Elsabe Grobler.

• Die algehele wenners was Delores van Rooyen (eerste), Myra Smit (tweede) en Mary-Ann Sargent (derde).


ALSO READ: Pet owners need to look further than the SPCA for their lost pets




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button