Marieke Tewitz in Graad Drie, met rollers in die hare en pantoffels aan die voete.
Laerskool Die Arend het Donderdag die 100ste skooldag van die jaar gevier deur almal as oumas en oupas aan te trek. Leerders en onderwysers het deelgeneem en gesorg dat almal dit gate uit geniet.
Zoey Heyns in Graad vier lyk besonder baie soos 'n ouma met gegrimeerde plooie, rollers en kierie.
Caden O'Neil in Graad Vier het ook 'n baard en kruisbande gehad om sy oupa-karakter in die lewe te bring.
Isabella Olckers in Graad Twee, het met 'n warmwatersak en kierie skool toe gekom.
Selfs onderwysers het aangetrek. Bertus Els en Elmarie Wright was ook 'n ouma en oupa vir die dag.
Dehan Joubert in Graad Drie het met kruisbande en 'n Brakpan Herald in die hand by die skool opgedaag.
Mario du Toit in Graad drie glimlag sonder tande soos 'n oupa wie se vals tande uitgehaal is.
Jayden Kruger in Graad drie in sy rooi hemp en lang baard.