
Tutela Gesinsorg is tans besig om items in te samel om die nood onder die gemeenskap te verlig.
“Ons is bewus daarvan dat mense swaarkry en gedurende die winter word die nood net groter,” het ‘n woordvoerder van Tutela gesê.
Die organisasie is besig om warm klere (veral jasse en baadjies, kouse, serpe en mussies), komberse, beddegoed en nie-bederfbare kos in te samel, wat op ‘n spesifieke dag onder die gemeenskap versprei sal word.
Die bestuur van Tutela het versoek dat die publiek hierdie items sal skenk vir die projek.
“Elke bietjie help en ons het altyd groot waardering vir die hulp wat ons van die publiek ontvang,” het die woordvoerder gesê.
Die goedere kan na Tutela se kantoor, in Northdenelaan 106A geneem word.
Reëlings kan ook getref word dat goedere afgehaal kan word. Skakel die kantoor by 011 744 4020.
ALSO CHECK: Career expo brings heaps of fun for learners
ALSO CHECK: Shoprite Group offers unemployed youth early careers