Local newsNews

VLU sluit jaar af met prysuitdeling

Die lede het trekklaviermusiek geniet wat deur Lizzie de Beer gemaak is.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie het onlangs hul jaarafsluiting gevier en terselfdertyd prysuitdeling gehou en Kersgeskenke uitgeruil.

Nadat formaliteite afgehandel is, is die interne prysuitdeling gehou en uitslae vir die jaar is as volg:

Gebakte items, wat deur die jaar beoordeel is, het vir Mary-Ann Sargeant ’n eerste plek besorg, met Delores van Rooyen in tweede en Jackie Lavos in derde.


Lizzie de Beer het die vroue vermaak met ‘n trekklavier. Fotos: Charma du Plessis.

In mikrogolf kookkuns het Lena Smit genoeg gewoeker om eerste plek te verseker, met Jackie Lavos in tweede en Delores van Rooyen derde.

In die gebottelde afdeling was Magda Kotze eerste, Sylvia Smith tweede en was daar vier gesamentlike derde plekke.

Die beste lekkers is deur Sylvia Smith gemaak, met Anita Havenga kort op haar hakke en Ria Coetzee daarna.


Delores van Rooyen en Sylvia Smith het toekennings onvang vir algehele deelname. Hulle was eerste en tweede onderskeidelik.

Sylvia Smith het ook die beste naaldwerk items gemaak, Jeanette Minderon die tweede beste en Delores van Rooyen derde.

Ria Coetzee het met haar hekelvernuf ‘n eerste plek behaal met Ina Troskie tweede en Sjaan Buchel derde. Wat breiwerk aanbetref is Mary-Ann Sargeant die uitblinker met Ina Troskie tweede en Anita Havenga derde.

Kuns dié jaar het waterverf behels en Sjaan Buchel het hierin die beste werk gelewer. Ina Troskie was tweede en Alet Neveling derde.


ALSO READ: Sip ‘n Crochet teaches new skills


In die handvlytafdeling is Ina Troskie as die wenner gekroon, met Delores van Rooyen tweede en Sylvia Smith derde. Anita Havenga het die beste masjienborduurwerk gelewer met Sjaan Buchel in die tweede plek.

Delores van Rooyen het die fotografie afdeling gewen en Sylvia Smith was tweede met Jeanette Minderon derde.

Skryfkuns het Sjaan Buchel as die wenner opgelewer, met Elsabé Grobler tweede en Lena Smit derde. Die ope afdeling is waar enige artikel wat gemaak is ingeskryf kan word.


Petro Botes het in die middelbaar blommeranskiking afdeling eerste plek verwerf vir die jaar.

Die wenner van hierdie afdeling is Sjaan Buchel. Delores van Rooyen is kort op haar hakke en Irma du Plessis volg daarna.

Die beginner blomme wenners is eerste Sylvia Smith, tweede Mary-Ann Sargeant en derde Ria Coetzee. Die middelbaar wenner is Petro Botes, en in die gevorderde afdeling het Delores van Rooyen koning gekraai.

Lede wat algeheel die meeste artikels ingeskryf het vir beoordeling of die meeste punte opgegaar het vir hul artikels is vir deelname beloon. Hiér was Delores van Rooyen eerste gevolg deur Sylvia Smith en Sjaan Buchel.

Die vonkelvrou van die jaar is Mary-Ann Sargeant, want sy het gereeld klasse aangebied en gehelp met die reëlings van die vergaderings.


ALSO READ: Frank Mynhardt Sorgsentrum ontvang skenking




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button