Local newsNews

VLU sluit die jaar op vrolike noot af

Die afsluiting het vir groot vermaak vir al die besoekers gersorg.

NIGEL – Lede van verskeie takke regoor die VLU Goudrifstreek het op 1 Desember hul jaarafsluiting by die NG Kerk Nigel-Oos gehou.

Die streeksvoorsitter, Ronel Lombaard het almal welkom geheet.

“Dankie vir elkeen van julle se harde werk deur die jaar. Ons gaan net groei van hier af. Ons doelwit vir 2024 is om meer lede by die streek te kry en ook harde werk in te sit met ons kompetisie artikels.”

Die verskeie takke wat die afsluiting bygewoon het was die Nigel VLU, die Jasmyn-tak, Boksburg-tak, Brakpan-tak, Carpe Diem-tak (Springs), Dinwiddie-tak en die Kempton Park-tak.

Tydens die afsluiting het die voorsitters van elke tak saam ‘n dans vir die verteenwoordigende takke gedoen.

Die lede het ook as deel van die afsluiting in twee spanne verdeel en tot groot vermaak aan verskeie boeresportitems deelgeneem.

“Ons wens vir elkeen ‘n geseënde Kersfees toe en ‘n voorspoedige nuwe jaar,” het Lombaard mee afgesluit.


LEES OOK: Kom geniet Geloftediens te Klipkerk

LEES OOK: Cyclists warned to be vigilant as attacks spike




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button